Monis Collectors Port 1948

Die 1948 Monis Collectors Port (Seëlversameling) was al verskeie kere op die jaarlikse Nederburg wynveiling verkoop en het in 2011 die rekordprys van enige wyn op die veiling behaal. Vir ‘n kissie van ses bottels van 750ml was R68 000 (R11 333 per bottel) betaal!

Dié port is van uitgesoekte kultivars gemaak en sluit onder meer Pontac, Souzao en Tinta Barocca in. Slegs 5000 bottels was vrygestel wat die wyn se skaarsheid verduidelik. Die chemiese analise is as volg:

A% 18.72 | RS 117.00 | TA 6.00 | pH 3.44

Op die etikette verskyn ‘n uitbeelding van ‘n waardevolle versameling seëls van die voormalige Boerepublieke, die Unie van Suid-Afrika en sy voormalige provinsies, asook Duits-Suidwes-Afrika.

Die wyn bekoor steeds vandag en persone wat gelukkig genoeg is om daarvan te proe praat met groot lof daarvan. Mnr. Roland Peens, wynhandelaar van Kaapstad, het dit in 2015 as volg beskryf:

“This is a brilliant wine! No sign of oxidation or rancio, there is amazing purity of fruit and freshness. The rim has a slight green/yellow tinge while the core is a brick red. Waves of complexity waft from the glass: baked figs, melon rind, nuts, molasses and a touch of cold coffee. The palate is rich, but not sticky. Deep, spicy and delicious, the finish lasts for an hour on your palate. World class.

In great condition and with such a perfect structure, this wine could last another few decades.

96/100”

M. Frijdhon’s (May 2013) tasting note:

“Pale golden copper, spirity and a little thin, not too sweet, and with fine herbal notes to restrain the finish.

81 Points”

Ten spyte van pryse wat op veiling behaal word, verkoop ‘n bottel van tyd tot tyd op die ope mark vir enige iets van R500 tot R5000.

Monis1

5 thoughts on “Monis Collectors Port 1948

  1. konfytbekkie

    My Pa het op ‘n volle “stel” van beide die seëlversameling weergawe asook ‘n jonger een met klassieke motors afgekom. So opwindend soos die veilingprys is, is om ‘n werklike koper te vind nogals ‘n moeilike takie.

    Like

    Reply
    1. stadsbeplanner Post author

      Dankie vir die reaksie. Ja die probleem is dat die veilingpryse nie die mark bepaal nie. Ek dink persoonlik dat R2000 per bottel meer realisties is. Alhoewel ek weet Wine Cellar in Observatory het nie te lank terug bottels te koop aangebied vir R4000.

      Like

      Reply
      1. konfytbekkie

        Stem 100% saam. As jy die regte koper kan kry kan jy ‘n goeie prys kry maar dit (het ek agtergekom) kos bietjie moeite. Om deur Wine Cellar te verkoop is ook nie juis te wense nie – die verskil tussen prys wat hulle aanbied vir die bottel en die prys waarteen hulle weer verkoop is nogals astronomies…

        Like

  2. stadsbeplanner Post author

    Wat ons kort in SA is ‘n platform waar die “gewone” persoon sy wyn kan aanbied. Miskien ‘n aanlyn-veiling wat kopers & verkopers bymekaar bring. Die UK het bidforwine.co.uk.

    Like

    Reply
    1. konfytbekkie

      Ek stem – ek wonder net hoe lisensiëring dit sal beïnvloed – om alkohol te verkoop is maar ‘n netelrige storie.

      Like

      Reply

Leave a comment